Ons lewer werklik van die beste kitaarspelers op, dink maar aan Nibs van der Spuy en Albert Frost, en nou kan jy Herman Bergman byvoeg. Díe instrumentale album is van die boonste rakke, gevoelig, en genotvol. Die dieptes lê in sy snaarbeskrywings van eg Suid-Afrikaanse landskappe.

Ronel Nel